Ek sien dit so!


Die afgelope week moes sekerlik ‘n paar sluimerende volksgenote se ogies op skrefies laat oopgaan het. Die liberaliste het met mag en mening hul intensies aan die wêreld uitbasuin – Hulle haat enige Afrikaner of Boer wat trots is op sy eiesoortigheid.

Die eerste sirkustoertjie is uitgevoer deur ‘n organisasie wat veronderstel is om te fokus op kankerlyers, maar verkies om te fokus op die “belaglikheid” van iemand wat lief kan wees vir haar eie. Sunette Bridges, wat uit die goedheid van haar hart ingestem het om gratis op te tree vir Cancervive sodat hulle fondse kon insamel vir kankerlyers, moes van hierdie organisasie hoor dat sy liefs nie vir hulle moet optree nie omdat sy – kom ons noem ‘n graaf ‘n graaf – ‘n rassis is. ‘n Rassis omdat sy die uitmoor van haar mense rugbaar maak. Cancervive, julle is die eintlike rassiste aangesien die fondse wat Sunette moontlik vir julle kon in, moontlik aangewend kon word vir swart kankerlyers ook! Sies, skaam julle!

Dit was maar net die begin. Die opperste Boerehater Carina de Vries Papenfus het haar aanslag op Sunette verskerp en daarin geslaag om met die hulp van haar agtertangse maters van die torblad, Suid-Afrikaners op wie ons trots is en vir wie ons skaam kry, Sunette se Bakkiesblad te laat sluit. Daar is ‘n hele klomp mense wie se ouers nooit toegelaat moes word om kinders te kry nie, hulle is egter toegelaat en kyk met watter drommels sit ons vandag in ons midde.

Soos julle kan sien, is die aanslae in die kuberruim aanhoudend. Dis net ‘n kwessie van tyd voor hierdie laakbare verraaiers hul visiere stel op ons eie volkskoerant. Wanneer daardie dag aanbreek sal Neelsie in die voorste linie staan om die waarheid te verdedig teen hulle wat die waarheid haat. Ek hoop dat ons hier by Die Vryburger dan sal kan staatmaak op ons getroue lesers se ondersteuning. Vir ‘n verraaier, moordenaar, verkragter, dief en ‘n swakkeling, is die waarheid soos ‘n dolk in die hart. Ons wat die waarheid liefhet, moet dus saamwerk om daardie dolk stewig in die hart van die leuen te hou.

Trek vandag ‘n lyn in die grond en besluit aan watter kant jy staan.Daar is nie meer plek vir niksdoeners en draadsitters nie. Ons word van alle kante bedreig. As dit nie troppe barbare is wat jou en jou gesin wil martel en vermoor nie, is dit ‘n trop witvelle wat jou van jou kosbare herkoms wil stroop.
Wees trots op wie jy is en van waar jy vandaan kom, tensy jy natuurlik ‘n verraaier en ‘n papbroek is.

Boeregroete,
Kordaat Neelsie