Ek sien dit so!


Neelsie is ‘n bietjie moeg vir die blindheid van ons ou volkie. Wag…laat ek nou nie myself in ‘n leuenaar laat verander nie. Ek is baie moeg daarvoor!
Waar sal ek begin? Wel, daar is die irriterende motorwagte by winkelsentrums. Wanneer ek uit my voertuig klim en die deur sluit, is die laaste ding wat ek wil sien ‘n motorwag wat my persoonlike spasie betree met sy papvretergevreet. Daardie spesie is al so voor op die wa as gevolg van mense wat hulle wil lek. Voor ek aangaan, ek praat nie hier van ons eie mense wat daardie beroep beoefen nie.

So, ek begin wegstap van my ryding, word begroet met ‘n onaardse geluid wat klink soos “Hello sêr!” en blitsig opgevolg word met “I watch nicely!”. Gewoonlik groet ek met more of middag terwyl my tande byna verkrummel soos ek op hulle kners. Ek antwoord nooit met ja of nee nie. Wanneer ek terugkeer word ek bestorm asof ek ‘n rugbybal onder my arm het en die motorwag ‘n beslissende duikslag moet uitvoer. Ek ignoreer dit gewoonlik en klim rustig in my voertuig. Voor ek kan ry moet ek eers kalmeer, maar helaas, die vent staan agter my voertuig en wys ek kan maar ry, so asof ek kan ry as hy teen my kar staan. Maar dan gee ek in elk geval vet net om te sien hoe hy oor sy voete val om uit die pad te spring.

Bogenoemde is eintlik ‘n gereelde gebeurtenis wanneer Neelsie winkel toe gaan. As ek lus het om my standaard bloeddruk bietjie verder op te stoot, sit ek ‘n rukkie en bekyk ander motoriste se interaksie met hierdie spesie. Dis ‘n uiters vriendelike groet en selfs sommer ‘n klop op die skouer. My bloeddruk styg wanneer ‘n vrou haar handsak wawyd oopmaak vir die kamstige veiligheidswag om met slinkse ogies te loer na watookal daarbinne is. Maar as jy nou vir Neelsie ordentlik die duiwel in wil maak, wees ‘n man wat toelaat dat die karwag jou trollie stoot of jou sakkies dra. Hoe pateties wil jy nou wees? Dis dan wanneer ek besef dat hierdie volk so lamsakkig geraak het dat selfs ‘n volksmoord geen indruk maak nie.

Gestel ons neem die onderwerp verder deur te kyk na mense se swak bestuursvernuf. Ek reken ons kan ‘n volk se swakheid redelik maklik meet aan die manier waarop mense hulself gedra op die paaie. Net gister druk iemand vir my toeter nadat hy verkeerd opgetree het. Verlede week wil ek by ‘n verkeerslig regs draai, dis nie ‘n voetgangerkruising nie, dus moet voetgangers-wat in die eerste plek nie daar moet loop nie, wag vir voertuie wat wil draai. Sowaar as vet is daar ‘n voertuig voor my wat begin ry en dan skielik stop om ‘n trop wesens te laat loop. Neelsie het so bietjie ontplof en verby die swaap gejaag terwyl hy wag. My optrede het ‘n lang toet tot gevolg gehad wat begroet is met ‘n eenvoudige wuif vanuit my venster. So kilometer verder jaag dieselfde siel verby my en kom stop morsdood voor my. Ek het nie veel aanmoediging nodig in so situasie nie, en spring toe vinnig uit om die perd te konfronteer. Nou kyk, asof ek nodig het om minder van die nasate van die Helkampe te dink, gee hierdie spesifieke Ingelsman my toe nog ‘n rede. Wat wel snaaks was, is die feit dat hy van die begin af met my praat in gebroke Afrikaans. Was dit my Vierkleurplakker op my bakkie wat hom laat besef het dat ek Afrikaans is? Nadat ek rustig aan hom verduidelik het dat hy verkeerd was, skree hy iets en jaag weg. Gelukkig vir hom was daar ‘n jong meisie in sy voertuig, ek kan nie sê of dit sy kleindogter of sy skelmpie was nie. Hoe dit ookal sy, ek gaan nie ‘n man uit sy voertuig pluk met ‘n kind teenwoordig nie.

Ter opsomming, ek kan verstaan waarom die DA so baie ondersteuning het. Ek kan verstaan waarom duisende Afrikaners steeds deelneem aan kommunistiese verkiesings. Ek kan verstaan waarom hierdie volk soos klein brakkies op hul ruggies lê terwyl hul die teiken van ‘n beplande volksmoord is. Mens hoef net te kyk na mense om jou se daaglikse miskruier maniere.

Hoewel ek die gawe lesers van Die Vryburger lekker verveel het met hierdie week se uitgawe van hoe Neelsie dinge sien, moet ek bieg dat ek darem nou beter voel dat ek my frustrasies met julle kon deel.

Ek sal poog om myself hierdie week te gedra sodat ek jul volgende week met meer interessante leesstof kan bedien.

Boeregroete,
Kordaat Neelsie