Ek sien dit so!


Neelsie wil hierdie week ‘n ernstige beroep doen op Afrikaners wat dag na dag en week na week hulle hardverdiende geldjies mors op koerante wat weier om die Volksmoord op ons mense te erken.

Die ideale situasie sou wees om elkeen te vra om nooit weer daardie publikasies te koop nie. Ongelukkig het die geskiedenis reeds bewys dat ons volk nie met standvastigheid hulle beginsels kan verdedig nie, soos die Woolworths debakel ‘n paar maande gelede gewys het. As ons mense dan nie enduit kan volhard met dade van verset nie, vra ek dat julle wat steeds die liberale mediamonster voer en sterk hou, dit baie sterk oorweeg om ten minste vir een volle week geen geld te spandeer aan hierdie volksvyandige koerante en publikasies nie. Hoe moeilik kan dit nou wees? Spaar jou geld en hoor geen leuens. Klink vir Neelsie soos ‘n winskoop!

Terwyl ons op die onderwerp is van geld vermorsing, en terwyl Neelsie vra dat ons mense beginselbesluite moet neem, is dit heel aanvaarbaar dat elke regdenkende volksgenoot sy finansiële ondersteuning aan SARU summier stopsit. Die rugbybase reken mos dat daar nie ‘n Volksmoord aan die gang is nie, en steeds dra die einste volk wat uitgemoor word by tot daardie rugbybase se vet salarisse. Kan ‘n mens nou dommer kry as ‘n Afrikaner wat sy eie ondergang finansier?

Ons moet aksies begin ondersteun wat ons eie mense se lot eerste stel. Ek het die afgelope week op ‘n bladsy afgekom op Bakkiesblad met die naam “Boikot Naspers! Genoeg is genoeg!”.Op hierdie blad kan mens ook die volle lys Naspers publikasies sien. Ons mense word in so mate gebreinspoel, dat hulle selfs vyande geword het van mense en idees wat hulle in die verlede gesteun het. Met al hierdie negatiewe woelinge onder haters van die Boere-Afrikanervolk, moet ons die geleentheid aangryp om meer mense bewus te maak van goeie dinge waarmee opregte Boeremense tans besig is. Voorbeelde hiervan is hierdie e-koerant wat jy tans lees, die VVK en die Boere-Afrikanervolksraad se werksaamhede, volkseie ondernemings en talle ander aksies wat landwyd aangepak word om ons voortbestaan te verseker.

Met donker wolke wat al hoe digter saampak oor ons koppe, moet ons alles in ons vermoë doen om voor te berei op die ergste. Dit sou behels dat ons en ons gesinne selfverdedigingsopleiding moet ondergaan, ons moet elke oomblik van elke dag verwag om volgende op die Volksmoordlys te verskyn-‘n terroris se grootste en belangrikste wapen is die element van verrassing, verwag jy hom, ontneem jy hom van daardie wapen. Ons is nasate van mense wat baklei het vir reg en geregtigheid. So sal ons die vroue en kinders en mans en seuns wat die grootste opofferings vir ons gemaak het, se nagedagtenis eer deur ook vandag te stry vir daardie selfde eerbare redes.

Moenie verder mislei word deur liberaliste wat glo die rëenboognasie kan werk nie, want dit kan nie! Bly wakker, bly veilig tot ons mekaar weer raaklees en raakskryf.

Boeregroete,
Kordaat Neelsie