Eis jou deposito terug


Die Bloemfontein munisipaliteit gaan ’n naamlys op hulle webblad plaas van mense wat deposito’s betaal het vir water en krag aansluitings, en toe die gebeid verlaat het sonder om die deposito terug te eis.

Lede van die publiek kan dan op die webblad nagaan of hulle naam daar verskyn en sodoende die nodige doen om die deposito terug te kry.
Drie maande is geskeduleer waartydens eise ingedien kan word. Daarna sal die name verwyder word van die webblad.

Dit geld vir deposito’s wat reeds langer as drie jaar onopgeëis is.

Die Munisipaliteit sit met ’n bedrag van meer as R3 miljoen wat onopgeëis is.

Die besonderhede kan op die webblad gevind word by www.mangaung.co.za.

Foto – Genl. De Wet standbeeld