Egipte in ’n bloedbad


Hoewel daar bloedige proteste in Egipte tussen strydende groepe plaasvind wat reeds talle lewens geëis het, het pres. Mohammed Morsi gesê hy gaan nie gehoor gee aan ‘n weermag-ultimatum dat hy vandag moet bedank nie.

Hierdie uitspraak van hom het tot gevolg gehad dat die olieprys aansienlik gestyg het.

Minstens 22 mense wat ten gunste van Morsi betoog het, is Dinsdag doodgeskiet. Tweehonderd is in dieselfde voorval gedood.

Geweld het ook in ander dele van die stad en die noordelike provinsie Beheira uitgebreek.

Die Egiptiese weermag het Maandag in ‘n verklaring Morsi voor ‘n ultimatum gestel dat hy 48 uur het om die krisis in die land op te los anders sal hulle ingryp.

Geen besonderhede van wat die weermag beplan is bekend gemaak nie, maar die betogers is wel ‘n vroeë verkiesing beloof.

Morsi wat ‘n jaar gelede as president ingehuldig is, het Dinsdagaand in ‘n toespraak aangedui dat hy nie onder druk sal swig om uit te tree nie.