Eendjie medies versorg


‘n Klein eendjie is in November gebore met ’n poot wat hom laat kreupel loop. Die Manderynse eendjie
is in die VSA gaan binnekort met ’n 3D-kunspootjie sy weg baan deur die water.
Die “Arlington High School” se kinders, waar hy sy tuiste gevind het, noem hom Buttercup.
Die eendjie het die eerste lewenslig gesien met ’n verdraaide pootjie. Hy word toe deel van ’n biologie-projek wat die leerlinge moes doen.
Buttercup gaan nou na ’n inrigting gestuur word wat omsien na verwaarloosde en wees diere.
Intussen is besluit om die linker poot af te sit aangesien dit begin bloei as hy stap.
Die kuns-pootjie word van plastiek gemaak wat sterk genoeg sal wees om die eendjie se gewig te dra en wat ook buigbaar is. Dan gaan die eendjie seker die eerste ter wereld wees wat ’n 3D-kunspootjie het.
Intussen het die eendjie ’n silikoon pootjie tot hy sy nuwe kry.