E-tol: tariewe weer verlaag


Die Minister van vervoer, Ben Martins, het gesuggereer dat ’n vêrdere verlaging in die tariewe van e-tol paaie in Sentraal Transvaal verwag kan word.

Dit sal die derde verlaging in tariewe wees sedert die eerste aankondiging gemaak is. Die stelsel wat in April 2012 inwerking moes kom, sukkel steeds om alles in plek te kry.

Die omstrede stelsel bly in die kalklig nadat talle organisasies Outa begin steun het om die stelsel se inwerking treding teen te staan.

Waarnemers meen die verlaging wat nou weer as geelwortel voorgehou word is ’n gevaarlike slagyster wat vir motoriste gestel word. Talle kenners meen ook dat wanneer motoriste eers die e-tol skyfies begin koop, en hulle gewoond geraak het daaraan, die regering die prys geleidelik gaan opskuif.

Instansies wat die ANC regering kritiseer oor die stelsel, is onder meer die ANC van Sentraal Transvaal, COSATU, verskeie politieke partye en ook enkele burgerregte organisasies.