Duisende staak onwettig


Produksie by twee van Anglo American Platinum (Amplats) se skagte in die Rustenburg gebied in Wes-Transvaal het tot stilstand gekom.

Die skagte Thembelani en Khuseleka het geen myn aktiwiteite aan die gang nie weens die staking van etlike duisende werkers.

Na raming is 6, 000 myners sedert Sondagaand nie bereid om te werk nie. Hulle staak uit meegevoel met 22 Amcu-verteenwoordigers wat blykbaar deur Amplats geskors is.

Ongeveer 1,100 werkers het ‘n beswaarskrif aan die mynbestuur gegee waarin hulle dat die NUM nie toegelaat word om na die myn terug te keer nie.

Die stakers eis ook dat onderhandelings oor salarisse hervat moet word. Verlede jaar het hulle geëis dat vergoeding moet verhoog na R16, 500 per maand.

Waarnemers meen die roekelose wyse waarop mynwerkers met onbeskermde stakings voortgaan is besig om die hele mynbedryf tot stilstand te dwing.