Duisende eis burgemeester se kop.


Die ANC sukkel met demokrasie as dit teen hom gaan.

In Potchefstroom het duisende mense aan ‘n optog deelgeneem waarin hulle geëis het dat die uitgeskopte burgemeester, Maphetle Maphetle, sy kantoor verlaat.

Hulle het ook gevra dat 14 Potchefstroom-raadslede wat uit die ANC geskop is, weer aangestel word.

Die 14 het reeds in November verlede jaar ‘n mosie van watroue teen Maphetle gesteun en verlede week gehelp om hom as uitvoerende burgemeester te verwyder. Maphetle en sy ondersteuners sê die vergadering is onwettig.

Hierdie aangeleentheid is nou in die Hof se hande. ‘n Beslissing word later vandeesmaand verwag.

Die skare van meer as 4,000 wat onder die vaandel van die Suid-Afrikaanse Siviele Organisasie (Sanco), bymekaar gekom het, eis ook die koppe van die Burgemeesters van die Klerksdorp-omgewing, Ventersdorp en Wolmaransstad-omgewing.

Ronnie Jonas, wat na bewering onregmatig aangestel is asmunispale bestuurder van Wolmaransstad-omgewing, se naam word ook genoem oor beweerde korrupsie in die provinsie.