Drie swartes besteel sakeman


Toe mnr. At Stander van Petrusburg die nag wakker word, staan daar drie gewapende swartes om sy bed.

Hy hoor die een vir de makkers sê om die honde dood te skiet. Hy sê dit met gekruide taal.

Hulle het hom, sy vrou en sy 87 jarige moeder met elektriese koord en skoenveters vasgebind. Al drie het klapmusse gedra.

Kort-kort het die een in liederlike taal gesê die ander twee moet die honde skiet.

“Ek het my nie teengesit nie en ek dink dit het gehelp. Dit is net genade dat ons lewe,” het At Stander later gesê.

Sy vrou en bejaarde moeder is erg getraumatiseer en sal berading moet kry.

Die swartes weet hy het ’n winkel en het gedreig om hom daar in sy winkel dood te skiet as hy die polisie kontak.

Die skurke het ’n groot bedrag gesteel waarmee hy die volgende dag voorraad mee wou gaan aankoop.
.
Stander se twee boerboele is deur hulle vergiftig.