Dozi en die plakkers


Dozi, die sanger, het byna ’n klomp plakkers as “nuwe intrekkers” op sy kleinhoewe gekry toe ’n spul plakkers gedink het sy plek kan ’n aangename plakkerskamp word.

Die jong reus het egter met die taal van die Zoeloe vir hulle mooi verduidelik dat die hoewe sy regmatige eiendom is en dat hy van plan is om daar op Rietfontein, Hartbeespoort te bly, al het Malema vir hulle wat ook al belowe.

Uiteindelik het die arrogante klomp plakker hul timmer materiaal opgepak en elders gaan plakkerskamp-ondersoeke gedoen.

Die vermoede bestaan egter dat ’n kwaadwillige persoon die plakkers aangesê het om hulle daar te gaan vestig in die hoop dat dit tot ’n onderonsie sou lei.

Verlede Woensdag het Dozi die polisie en buurtwag ingelig oor die probleem.

Die groepie het al begin om hulle sink en pale op te rig, en ’n pad is al geskraap.

ANC ondersteuners het glo ook by die plek opgedaag.
“Maar Dozi het mooi in Zoeloe met die plakkers gepraat,” het Woodley gesê.
.
Van die voornemende plakkers het geskree: “Malema het gesê ons kan!”

Intussen het verskeie Ministers in die Veiligheid-sektor geseq hulle staan gereed om op te tree indien Julius Malema en sy Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) hul dreigemente sou uitvoer om blankes se grond te beset.

Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, het gesê as Malema-ondersteuners plase gaan probeer beset, sal daar genadeloos teen hulle opgetree word.

Waarnemers het aan Die Vryburger gesê dit is wel vreemd dat die Minister se woorde nie waar geword het met die “besetting” op Dozi se grond nie.