Dit kon jy gewees het!


“Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenis is en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ’n liggaam het.” – Heb 13:2-3

In Suid Afrika is vandag min oor van ware geregtigheid. Ons sien daagliks hoe regverdiges as kriminele behandel word en misdadigers vry rondloop. In so land gebeur dit soms dat die wette van die staat teen geloofsoortuigings indruis. Ons lees van die Bogaards wat, of jy nou saamstem met hul optrede of nie, en selfs of dit reg was of nie, sekerlik voor die keuse geplaas was om deur die gereg aangekla te word of deur hul gewetens.
As dit gebeur dat geloofsgenote in beproewing beland, oor onregverdige optrede teen hulle of selfs oor ‘n fout aan hul kant, laat ons aan hulle dink asof dit onsself oorgekom het en laat ons doen wat ons kan om hulle by te staan!