Dis die wie, en nie die prys, wat saakmaak.


Die prys is nie ‘n oorweging nie, maar wel met wie die munisipaliteit sake doen.

So het ‘n senior amptenaar in die aankope-afdeling van die Pretoriaad dit gestel toe hy bygevoeg het dat die prys waarteen voorraad aangekoop word, net ’n bysaak is.

Kgosientso Ramokgopa, Burgemeester van Pretoria (met ‘n jaarlikse pakket wat R3,000,000) het in sy begrotingstoespraak gesê daar word gefokus op maatreëls om toe te sien dat inwoners waarde vir geld kry.

Silas Mashaba, ‘n hoofaankoper het onlangs in ‘n interne memo aankopers beveel om nie bekommerd te wees oor pryse nie, maar wel seker te maak dat daar voorraad is.

Dit het tot gevolg gehad dat 40 mm-gegalvaniseerde pype teen R4,320 per pyp bestel is (gewone prys minder as R450); 20 van dieselfde pype is by ‘n ander verskaffer teen R20,000 aangekoop;
Staedler HB potlode teen R10 (gewonde prys minder as R5); tuingrawe teen R250 (gewone prys ongeveer die helfte.)

Daar word skynbaar slegs in uitsonderlike gevalle van wit verskaffers gebruik gemaak.