Direkteur-generaal word ondersoek


Die Departement van Onderwys het die Direkteur-generaal, Bobby Soobrayan, met spesiale verlof gestuur tot ’n ondersoek na beweerde wangedrag hanteer is.

Die S.A. Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het Soobrayan beskuldig van oortreding van die Wet op Openbare Finansies.

Soobrayan het na bewering ‘n ooreenkoms onderteken sonder om die korrekte interne prosesse te volg, wat daartoe kan lei dat dit enorme finansiële implikasies vir die staat kan beteken.

Oud-regter W. Van der Merwe sal die tugverhoor behartig.
Foto – Bobby Soobrayan