Diewe doodgeskiet


Drie diewe is doodgeskiet nadat hulle by ‘n onderneming aan die Oos-Rand ingebreek het, is bekend gemaak in ’n verklaring van die polisie.

Die diewe is gedurende die vroeë oggendure betrap en doodgeskiet. Dit het gevolg nadat ’n onbekende aantal mans by ‘n onderneming in Albert Amonstraat ingebreek en rekenaars gesteel het.

Hulle het na die diefstal van die toneel af weggevlug en het die sekuriteitswagte hulle gekonfronteer. Daarna het ‘n skietgeveg ontstaan tussen die diewe en die wagte.

‘n Sekuriteitswag is lig gewond in die voorval.

Een verdagte het weggekom maar die gesteelde goedere is terug gevind.