Dief met die vuis bygedam


Giepie Niemand van Rayton moes vinnig reageer om te verhoed dat ’n kaper hulle Nissan bakkie steel. Hulle het gehoor daar word met die bakkie gepeuter terwyl hulle by vriende gekuier het.

Giepie (19) het blitsvinnig uit die huis gestorm, deur die garage en net betyds om te sien die bakkie is aan die wegry. Hy het gehardloop, agter op gespring en die agterruit oop gemaak. Deur die agterste venster het hy die dief met die vuis bygekom.

Hy het bly slaan totdat die dief beheer verloor het oor die voertuig wat toe in ’n betonmuur vas gery het. Hy het as gevolg daarvan ’n erge wond aan sy kop opgedoen.
Die dief het inderhaas gevlug en is steeds soek.

Giepie word in die hospitaal behandel vir veelvuldige breinbeserings wat ernstige gevolge inhou.
Die Nissan is ’n wrak en sal waarskynlik nie herstel kan word nie.