Die Fed laat S.A. skrik


Die Federal Reserve (Fed), as sentrale bank van die VSA se besluit om liditeit uit die mark te onttrek het skokgolwe veroorsaak. Die verandering in die Fed se beleid maak verskeie lande hoogs bekommerd, veral die wat van buitelandse beleggings afhanklik is. Die Fed se voorsitter, Ben S Bernanke, het aangekondig dat die Fed, wat die afgelope jare groot likiditeit in die VSA ekonomie gesit het, nou die likiditeit gaan onttrek. Tydens die verskaffing van likiditeit het beleggers groot bedrae geld in hoë opbrengs markte belê, en het veral die opkomende ekonomië soos Suid-Afrika, groot baat gevind. Na die Fed se aankondiging begin beleggers om van hulle beleggings van ontwikkelende ekonomië (soos S.A.) te verskuif na ontwikkelde ekonomië soos onder andere die EU en VSA.

Trevor Gordhan, die ANC regime se Minister van Finansies, het ‘n ernstige waarskuwing op 28 Junie uitgespreek dat daar ‘n moeilike tyd vir ontwikkelnde lande voorlê en dat dit veral vir Suid-Afrika swaar gaan tref. Hy het gesê dat die Fed se besluit S.A. onkant gevang het, want die land sit met onopgeloste struktuele swakhede wat die ekonomie harder gaan tref as ander ontwikkelende lande wat hulle ekonomië verbeter het. Een van die probleme waarmee in S.A. gesit word is dat, waar verbruikersbesteding die ekonomie tot nou toe kon help om ‘n resessie af te weer, die hoë stygings in geadministreerde koste (lees staatsbeheerde koste, o.a. Eskom en plaaslike owerheiddienste) die ekonomie nadelig tref omdat bestedingsgeld uit die verbruiker se sak geneem word.

Die land het verder te doen met ‘n ongemaklike negatiewe handelsbalans wat maandeliks opbou en staan reeds op ‘n tekort van R68,71-miljard. Die problem word vererger deurdat die staat met ‘n tekort van R175-miljard geëindig het teenoor ‘n tekort van R148,5-miljard vir die vorige jaar. Die handelstekort moet met buitelandse fondse betaal word (wat nou opdroog) en die staatstekort moet uiteindelik van die land se belastingbetalers verkry word.