Dettol gevaarlik.


Twee ontsmettingsmiddels, Dettol en Domestos Extended Germ Kill is van die rakke onttrek.

Dit kom nadat die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Standaarde NRCS, Dinsdag gesê het dat die middels ‘n gesondheidsrisiko vir verbruikers inhou.

Thomas Madzivhe van die NRCS het bevestig dat Dettol ontsmettingsmiddel wat van die Verenigde Koninkryk ingevoer word, nie die vereiste toetsing geslaag het nie en dat Domestos Extended Germ Kill nie by die NRCS geregistreer is nie.

Die twee produkte word deur die groot konglomeraat, Reckitt Benckiser, vervaardig wat sodanig aan die spits van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) gestaan het, dat hulle die pryse van hulle produkte duurder gemaak het en die geld na die organisasie geallokeer het.