Detroit is bankrot


Die stad Detroit in die staat Michigan is bankroy en het glo aansoek gedoen om assulks verklaar te word.

Dié Amerikaanse stad het die bynaam “Moto City” wat spruit uit die tyd toe dit die grootste voertuig- en vervaardigingsektor was.

Detroit se munisipaliteit skuld nou meer as $18 miljard (sowat R181 milard).

Indien die aansoek toegestaan word gaan dit ’n enorme impak uitoefen op die derduisende skuldeisers.

Skuldeisers sal gedwing word om te onderhandel met die stad se nuwe bestuur oor metodes en termyne van terugbetaling.

Dit is klaarblyklik die grootste eis van sy soort in Amerika se geskiedenis.