Desmond Tutu en die Bybel


Die Nobelpryswenner van jare gelede, emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, sê dat as daar in die Bybel iets geskryf staan, dit nie beteken dat dit noodwendig die waarheid is nie.

Dit is die mening van Desmond Tutu toe hy verwys het na dele van die Bybel waarin Paulus oor homoseksualiteit handel.

Tutu het by die bekendstelling van die Verenigde Nasies (VN) se program vir gelyke regte aan die homoseksuele soos gay, die lesbiese, biseksuele mense gesê hy voel glo net so sterk oor hulle regte as wat hy oor apartheid voel. Hy steun die veldtog ten volle.

“Baie mense haal Paulus aan, maar Paulus het baie goed gesê, soos dat vroue moet stilbly en dat hulle almal moet trou. Net omdat iets in die Bybel is, is dit nie noodwendig waar nie,” het hy gesê.

Tutu het ook gesê: “Ek kan nie ’n homofobiese God aanbid nie en ek weier om na ’n homofobiese hemel te gaan – dan gaan ek eerder na die ánder plek.”