Dennebome sterf uit


Die Wereld Bewaringsunie (WBA) het bevind dat meer as 33% van die 115 verskillende denne-spesies besig is om uit te sterf.

Die WBA het pas hulle rooi-data lys bygewerk en toe die kommerwekkende feite bevind. Die Denneboom bevolking in hul natuurlike habitat is besig om teen ’n vinnige tempo te krimp terwyl indringer plae blykbaar verwoesting saai onder die bome.

In die hoogliggende gebiede van Algerië en Marokko, word dennebome te vroeg afgekap en in baie gebiede word die bome voor die voet afgemaak. Nuwe aanplantings kom nie voor in die gebiede nie, wat die boombevolking drasties laat krimp.

In Afrika is mak bokke ’n groot bedreiging vir die bome want hulle vreet die bas van die bome af wat vrekte verseker. Die bome word ook onoordeelkundig afgemaak vir vuurmaakhout.

Struikagtige dennebome, beter bekend as “konifere”, is waarskynlik van die oudste boomspesies op aarde. Sekere denneboom soorte kan tot 5, 000 jaar oud en in gunstige omstandighede tot 110 meter hoog word.

Dennebome kom natuurlik in die kouer Noordelike Halfrond voor, maar iword in ander wêrelddele aangeplant en is as nywerheidsmateriaal uiters gewild.