DDT laat watervoëls uitsterf.


Geen watervoëls kom meer tussen Thohoyandou en die grens van die Krugerwildtuin voor nie. Navorsers meen dit is a.g.v. die gebruik van DDT.

DDT word in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika gebruik vir die bekamping van malaria. Navorsers meen dat ‘n volhoubare alternatief vir die probleem nou dringend gevind moet word.

DDT, soos Round-up is een van die produkte van die Frankenstein chemiese maatskappy, Monsanto. Mosanto is ook verantwoordelik vir chemiese gruwels soos “agent orange” wat soveel dood in die Vietnam-oorlog gesaai het en nou in Colgate tandepasta is, asook die bekende Sacharine, ‘n kunsmatige versoeter wat daarvoor bekend is dat dit ‘n verband met kanker hou.

Volgens die navorsers lyk dit asof veer- en bloureiers waarskynlik in die gebied uitgewis is. Die reiers het waarskynlik ophou broei omdat die eierdop swak en dun geword het. In hulle ondersoek het hulle ook verhoogde vlakke van DDT in hoedereiers aangetref. Huismossies se eiers is ook besmet.

DDT is een van die sowat 800 hormoonontwrigtende chemikalië in die wêreld. Verskeie bevindings is gemaak wat aandui dat dit die liggaam se endokrienestelsel ontwrig en dat dit verband hou met bors- en testiskanker, asook onvrugbaarheid.