Darren ondergaan toetse


Kurt Darren sal ’n breinskandering ondergaan om vas te stel wat die oorsaak is dat sy oe nie behoorlik kan fokus na die ongeluk nie.
Darren was verlede Saterdagaand in ’n ernstige motorongeluk en moes dringend by ’n hospitaal besorg word nadat daar aanvanklik geoordeel is dat hy dalk ernstige rug en nek beserings opgedoen het.
Marnus Bisschoff en sy assistent Nadia van Rensburg, wou Darren ná ’n kuier by ’n restaurant na sy woonhuis neem naby die Roodeplaatdam toe die ongeluk naby die Pienaarsrivier-brug plaasgevind het.
.