Darren: Lugsakke het nie ontplooi


Die lugsakke voor in die Toyota Fortuner waarin sanger Kurt Darren en twee ander in ’n ongeluk was, het nie ontplooi soos wat normaalweg gebeur tydens ’n botsing nie.

Die waarneming is gemaak toe foto’s by die ongelukstoneel geneem is en ook by die plek waar die voertuig tans in Witbank staan.

Die familie vermoed dat dit die rede is vir Kurt se aanvanklike probleem dat hy nie kon fokus met sy oë nie aangesien hy sy kop gestamp het.

Darren is nou vir ’n vierde dag in die hospitaal as gevolg van die ongeluk.

Agt van sy regterkantse ribbebene is gebreek waarvan enkeles op twee plekke gebreek het.

“Dokters het gesê die breinskandering is 100% skoon,” het Darren se broer gesê.

Daar is nie ’n direkte antwoord gegee op die vraag of regstappe teen Toyota oorweeg word nie.

’n Toyota-woordvoerder het gesê Toyota Suid-Afrika het nog nooit ’n voertuig gehad waarvan die lugsakke nie ontplooi het toe dit nodig was nie.

Foto – Darren se voertuig