Dame met skoktoestel gemartel


Mev. Anna van der Walt van Bloemfontein is deur drie swartes in haar woonhuis oorval, aangerand en met ’n skoktoestel gemartel waarna hulle haar Corsa se sleutels geneem en daarmee weggery het.

Mev. Van der Walt (64) is so erg getraumatiseer dat sy na afloop van die voorval nie eens kon praat nie. Sy is tans in ’n bevredigende toestand in die Life-Rosepark-hospitaal waar sy behandeling ontvang.
Sy het ook kopbeserings opgedoen tydens die aanval.