CVO-Brandwag vra dringende optrede


Die CVO-Skool Brandwag aan die Wesrand, is geleë op ’n perseel wat eersdaags in die mark kom om verkoop te word. Die CVO-Skool het eerste opsie om die grond te bekom.

Die prys sal waarskynlik in die omgewing van R1.8 miljoen wees.

Die ouers en bestuur van die skool voel bekommerd oor die toedrag van sake en die beste oplossing is waarskynlik om die koop-opsie uit te oefen, maar die Skool kan tans nie die terugbetalings op ‘n lening bekostig nie en kan ook nie ‘n lening by ‘n kommersiele bank kry nie.

Dit beteken dat sowat 1800 volksgenote elkeen ’n R1,000-00 moet bydra in die vorm van aandele in ’n nie winsgewende volkseie maatskappy of koöperasie.
’n Tweede moontlikheid is dat sowat 100 mense elk R1,000-00 per maand vir ongeveer 18 maande belê in die volkseie projek.
Die ander moontlikheid is dat meer as 20 mense as donateurs betrokke raak en elk R1,000-00 per maand betaal om die eiendom te bekom.

Belangstellendes kan met die Onder Voorsitter van die Skool, Mnr Sid Mann, in verbinding tree by 0832273260 of landlyn 011-7644820