Cobus du Toit wen Unisa Blaserkompetisie.


Die eerste wenner van die Unisa-Suider-Afrikaanse Blaserkompetisie is die agt-en-twintigjarige fluitspeler, Cobus du Toit.

Cobus, ‘n Pretorianer wat aan die Universiteit van Colorado studeer se wenprys van R60,000 is verder aangevul met ‘n kategorieprys van R10,000; R2,000 vir die beste uitvoering van ‘n eietydse werk (Toku Takemisu se Voice); R2,000 vir ‘n Suid-Afrikaanse komposisie (Alexander Johnson se Imicabango/Indrukke) en ‘n handgemakte saxofoon van R40,000 van P. Mauriat Saxophones van Parys.

Die naaswenner is ook ‘n Pretorianer, Matthew Lombard (26). Twee Stellenbossers, die 21-jarige fluitspeler, Myles Roberts, en die 28-jarige klarinetspeler, Justin Carter is derde en vierde.

Lombard het R40,000 en R10,000 as die beste saxofoonspeler gewen. Terwyl Roberts met sy derde plek R30,000 en Carter R10,000 plus R3,000 gekry het.

Du Toit, Myles en Carter is ook vir die eerste Unisa-Internasionale Blaserkompetisie wat in Januarie volgende jaar plaasvind, aanvaar.