Chinese voedsel riskant


‘n Toeris wat in Beijing kos by ‘n straatstalletjie gekoop het sê vergiftiging wat hy opgedoen het is geïdentifiseer as rottegif wat hy ingekry het saam met die skaapvleis.

Dit is ook vasgestel dat daar by sekere restaurante in Shanghai rot- en jakkalsvleis verkoop word onder die voorwendsel dat dit eendevleis is.

Voedselskandale kom gereeld voor in China en elders in die wêreld. Die Chinese nasionale televisie het verlede week getoon dat ysblokkies wat met koeldrank bedien word vuiler as toiletwater kan wees.

Die berig het veroorsaak dat KFC, wat die ysblokkies in hulle koeldrank verkoop het, verskoning gevra het vir die bakterietelling wat 13 keer hoër as die in toiletwater was.
Besoedeling het ook by ‘n plaaslike tak van ‘n Chinese kitsvoedselgroep, Kongfu, voorgekom

.