BTW tariewe hersien


Die Departement van Finasies het aangekondig dat die BTW struktuur hersien gaan word. Daar was al voorheen soortgelyke aankondigings gedoen. Suid-Afrika het tans ‘n redelik maklike stelsel met sekere produkte wat vrygestel is van BTW en die res met ‘n 14% heffing.

In sekere lande word daar verskillende persentasies op toepaslike produkte gebruik en word voedsel gewoonlik laer en luukse artikels hoër belas. In Brittanje word daar drie tariewe van 0%, 5% en 20% toegepas.

Volgens kundiges sal die moontlike veranderings nog ‘n geruime tyd neem indien dit wel sal verander en op hierdie stadium is daar slegs aangekondig dat die bestaande BTW struktuur in hersiening gaan kom. Dit kan verwag word dat die totale inkomste van BTW beslis nie sal verlaag nie en as daar dus struktuurveranderings sal wees, die verlaging op voedsel mag wees, maar dat ander produkte daarvoor sal moet vergoed.

BTW is ‘n handige bron van belastingvordering en die R215,5-miljard per jaar in Suid-Afrika dra byna 30% by tot die belastinginkomste van die staat.