Britse Barclays besit nou 62% van ABSA


Finale regulerende toestemming is verkry en die Absa-groep word nou die eienaar van Barclays se bankdienste in Afrika. Die enigste twee lande wat uitgesluit word is Zimbabwe en Egipte as gevolg van die politieke onstabiliteit in daardie lande.

Die transaksie kos vir Absa R18,3-miljard en Barclays se aandeelhouding in Absa verhoog tot 62,3%.