Brandwonde met CO2-laser geheel


Corne van der Merwe (20) het jare gelede as klein dogtertjie ernstige brandwonde opgedoen langs ’n braaivleisvuur.
Sy is nou een van die eerste Suid-Afrikaners wat as jong vrou met ’n nuwe laser tegnologie behandel word om die letsels te verwyder.,
Corné het derdegraadse brandwonde opgedoen toe ontvlambare vloeistof op haar gesig, nek, bolyf en arms gespat het. Vir etlike jare het sy verskillende tipes behandeling ondergaan tot op ouderdom 14 jaar waarna dit gestaak is.
Behalwe vir die letsels in haar nek, het sy ook gesukkel om haar kop te draai.
Die lasertegnologie, wat deur die Israelse maatskappy ontwikkel is en deur Hitech Lasers in Suid-Afrika versprei word, sal hopelik haar vel se voorkoms en haar nek se beweeglikheid verbeter.
Dr. Matteo Tretti Clementoni van Italië behandel Corné gratis. Hy het die nuwe tegnologie ook aan ’n groep plaaslike chirurge gedemonstreer. Die geheim van dié spesifieke CO2-laser is dat dit hoë energie teen milli-sekondes tot diep in die vel laat penetreer. Die geheim is juis dat die straal diep, maar vir kort tye moet penetreer.
’n Halfuur na sy behandel is, kon Corné die hospitaal verlaat sonder enige pyn.
“Gewoonlik kan dit tot twee jaar neem vir die vel om soos dié te ontspan. Ek is verbaas,” het een van die dokters gesê.