Brandstof diewe betrap


Tien mans is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle petrol en diesel uit treintenkwaens gesteel het.

Kapt. Shawane Sepato, Polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ‘n 27-jarige man met vyftien 25-liter-houers vol petrol by die Waltloo-stasie in Pretoria betrap.

Die man het hulle na die Transnet-depot geneem waar sewe sekerheidswagte met 21 houers vol petrol en diesel gearresteer is. Verdere inligting het die polisie gelei na ‘n 50-jarige man en sy 71-jarige werknemer wat agt houers petrol en diesel in hulle besit gehad het.

Die mans sal binnekort in die Pretoriase Landdroshof verskyn.