Bothaville munisipaliteit tot stilstand


Die geweldige stelery en korrupsie in die sogenaamde Nala-munisipaliteit (Bothaville) in die Vrystaat, het in so ‘n mate toegeneem dat die gebied se administrasie feitlik heeltemal tot stilstand gekom het.

Die Openbare Beskermer (OB) reeds ernstige waarskuwings gerig dat die betrokke verantwoordelike persone, insluitende ’n voormalige munisipale bestuurder asook die huidige speaker, vervolging in die gesig staar.

Hulle moet onverwyld die geld en goedere wat gesteel is, terug gee.

Die ondersoek toon dat sowat R200 miljoen in hande beland het wat dit nie toe kom nie.

Die Vryburger het berigte ontvang dat amptenare gereeld hulle privaat voertuie by vulstasies volmaak op die munisipaliteit se rekening.

Daar is selfs ’n geval waar een uitgevang is dat hy brandstof steel, net om later te verklaar dat hy dit nodig het “vir sy wasmasjien by die huis”.

’n Ander personeellid is betrap dat hy brandstof gesteel het, en het daarna verklaar dat dit vir ’n munisipale voertuig benodig word. Later is vasgestel dat die voertuig reeds etlike jare gelede geskrap is en blykbaar aan ’n skrootwerf verkoop is.