Bomdreigement in Menlynsentrum was vals.


Toe dit aangekondig is dat daar ’n bom in die winkelsentrum is, moes derduisende mense blitsvinnig die gebou verlaat op aandrang van die polisie.

Moeë personeel, ander werkers en duisende kliënte was genoodsaak om die gebou vinnig te verlaat.

Twee uur later het die polisie hulle soektog na die beweerde bom afgehandel en niks gevind nie.
Leoné White-Phillips, die woordvoerder van dieMenlyn-winkelsentrum, sê hulle vorige dreigement was in die jaar 2010.

Enkele weke gelede was dit die Kolonade, in die noorde van Pretoria, wat ook ’n dreigement gehad het.
Waarnemers meen dit kan dieselfde persoon wees wat die valse berigte deurstuur.
Niemand is tot dusvêr as verdagte aangekeer nie