Bokgeveg met styl


‘n Jong springbok wat hom verbeel het dat hy die ram van Hebron is en vir die wêreld kans sien, moes druipstert padgee toe hy onderstebo geloop is deur ‘n ouer een.

‘n Amateur wildfotograaf van Bloemfontein, Jaap Wildeboer, het die oomblik op kamera vasgevang toe ‘n sterker ram die jonger uitdager op sy plek gesit het.

Hy het van Nossob na Lijersdraai gery toe hy die twee rammetjies teen mekaar sien skerm het. Die een ram het die ander een so tweemaal deur die lug gegooi. Toe die tweede bok die grond tref, het hy vinnig opgevlieg en weggehol.