Boikot produkte wat geaborteerde foetusselle gebruik.


‘n Wêreldwye oproep om alle produkte wat ge-aborteerde foetusselle gebruik in die toetsing van hulle produkte te boikot, is deur bekommerde groepe gemaak.
Die “pro-lewe” groepe het verskeie briewe aan Senomyx, ‘n biotegniese maatskappy geskryf waarin hulle die immoraliteit van hierdie aksies uitgelig het. Senomyx het nie op die briewe geantwoord nie en gevolglik doen die groep nou ‘n beroep op mense om die maatskappye wat van Senomyx gebruik maak, te boikot.
Die grootste sondebokke is Pepsico, Kraft, Cambell, Solae en Nestlé.
Senomyx sê dat hulle die gebruik van MSG wil verminder en slegs help om sout- en soetgeure te ontwikkel deur die gebruik van “geïsoleerde smaakreseptore.”
Wat hulle nie sê nie is dat die reseptore afkomstig is van die niere van ge-aborteerde foetusse.
‘n Kort lys van produkte wat hierdie “smaakmiddels” bevat is: Alle Pepsi dranke, bv. Aquafina water, Lipton tee, Fiesta Miranda koeldranke. Alle Nestlé produkte, koffieromers, Maggiprodukte soos pakkies sop, souse, smaakblokkies, geursoute, vinnige noedels. Kraft produkte soos Dentyne, Clorets, selfs Hall’s hoes suiglekkers en vele ander.
Vir die volledige artikel en lys van produkte, onder meer ook in entstowwe, besoek hierdie draad:
http://govtslaves.info/comprehensive-list-of-companies-that-uses-aborted-fetal-cells-as-flavor/