Boikot Naspers is die gevolg van media wat nie verteenwoordigend is nie


Sedert die ontbinding van die ou Nasionale Party slaan die publikasies van Naspers ‘n uit en uit propaganda rigting in wat hom lynreg plaas teen die mense wat hom geskep het. Afrikaners.

In die afgelope jare het Naspers se leserskap op al sy publikasies dramaties geval. Daar is rede daarvoor. Die ou oom en tannie wat Rapport elke Sondag koop voel al hoe meer en meer asof die koerant nie op hulle gerig is nie. Dieselfde geld vir Beeld en die ander dagblaaie. Naspers het deur middel van Marxistiese skrywers soos Max Du Preez en Flip Buys dood eenvoudig ‘n Afrikaans talige propaganda arm geword van die ANC. Mense soos Jonathan Jansen skryf dat ‘n Afrikaanse Christen universiteit “’n gevaar” inhou vir “Suid Afrika”. Engelse skrywers word gebruik om die volksmoord van die ABO2 konsentrasie kampe te ontken. Ander weer kry selfs stem om te skryf dat Afrikaners as afsonderlike Afrika etniese groep “nie bestaan nie”.

Die groep se koerante is veral hieraan skuldig. Rapport, Beeld, Volksblad (wat ‘n oksimoroniese titel) en Burger praat almal glad nie meer met die stem van mense wat hulle kastig verteenwoordig nie. Die frustrasie bou lank reeds al op. Dit is duidelik op die internet met woorde soos “Nazipers” en “NasPES” om na die groep se Afrikaanse publikasies te verwys.

Misdaad lê baie naby aan die harte van Afrikaners. Veral diegen op die plase… en hoekom nie… selfs volgens ‘n ontkenner se syfers word landelike wit mense soveel as 500% oor verteenwoordig as slagoffers van geweldsmisdade. Naspers se aanhoudende ontkenning hiervan op die krasste moontlike maniere het goeie mense die harnas ingejaag.

Op 30 Junie is die nuutste krasse aanval gedoen op iemand wat identifiseer met Afrikaners se elende, Steve Hofmeyer. Rapport en Sondag gebruik ‘n leuenagtige skrywer wat grappend gewys Afrikaners aanval op Twitter, Nechama Brodie, om Steve Hofmeyer kwansuis af te maak as leuenaar wanneer hy oor Afrikaner misdaad praat.
Dis die laaste strooi. Op 1 Julie 2013 stig Miemie Fick die groep “Boikot Naspers – genoeg is genoeg” op Facebook. Een week later staan ons ledetal op 8500 en groeiend. Op 9 Julie 2013 bereik ons 10 000 lede.

Die groep het een teiken. Die Afrikaanse publikasies van Naspers. Ons vra ons mense om hierdie media te boikot. Moet dit nie aankoop nie. Maar moenie net passief wees nie. Vra aktief jou bure en vriende om deel te neem. Gesels met jou plaaslike winkel eienaar om die publikasies se verkoop stop te sit. Vra jou plaaslik koerant verkoper om nie hierdie groep se Afrikaanse publikasies te verkoop nie. Ons het klein doel voor oë. Naspers se Afrikaanse publikasies moet met ons praat en hulle anti Afrikaner politiese propaganda stop sit en meer gebalanseerd publiseer; of ons sal die boikot volhou tot hulle daardie publikasies sluit.

Ons opponente het ons klaar gevra hoekom DSTV nie op ons lys is nie want dis Naspers… of hoekom nie Sanlam nie? Wel Sanlam is nie ‘n bron van anti Afrikaner propaganda nie. En Discovery, National Geographic en History kanale is nie uit en uit polities anti Afrikaner nie. Ons wil nie onskuldige mense hulle werk kos nie. Die tweede groot argument is juis dat ons mense hulle werk gaan laat verloor. Dis waar. Mense wat deel van die anti Afrikaner masjinerie van Naspers se Afrikaanse publikasies is het hulle keuse gemaak om vir daardie masjinerie te dien. Hulle is groot mense. Hulle weet wat hierdie publikasies skryf. Hulle help om daardie boodskap teen Afrikaners uit te bassuin. Wel dan moet hulle die gevolge dra.

Kom sluit aan, wys Naspers waar jy staan. Vertel jou vriende en familie en plaaslike besighede.

Daar is beter alternatiewe wat werklike nuus publiseer in Afrikaans wat relevant en akkuraat. Nuus wat sonder allerlei pro Marxistiese opinies deurspek is. Soek maar net rond.

David Spohr
https://www.facebook.com/groups/626714404008178/