Boervrou beseer in onrus is oorlede.


‘n Boervrou, Isabel Hugo is oorlede nadat sy op 27 Augustus tydens onruste op Clocolan met ‘n klip teen die kop gegooi is.

Hugo en haar dogter, Elsabé was van die plaas Daisy in die Clocolan-distrik op pad dorp toe, toe sy van agter die stuur van haar bakkie met ‘n klip teen die kop gegooi is.

Haar vermeende aanvaller, Thabo Ntlororo (24) teen wie ‘n klag van poging tot moord onlangs teruggetrek is, sal nou weer op ‘n aanklag van moord gearresteer word