Boer geskiet deur terroriste


’n Boer, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is in die Piet Retief distrik in Oos-Transvaal deur terroriste geskiet.
Die besonderhede oor die aanval is nog vaag en verwarrend.
Blykbaar is hy na ’n hospitaal geneem nadat ’n werker op die erg gewonde man afgekom het.
Die toestand waarin die boer verkeer is nie bekend nie.