Birmingham in rookwolk gehul


In Birmingham, Engeland woed ’n brand by ’n herwinningsaanleg toe sowat 120,000 ton plastiek en papier aan die brand geraak het.
Van die 220 brandweerpersoneel op die terrein, het 10 reeds beserings opgedoen tydens die verwoede poging om die brand te blus.
Woordvoerders van “West Midlands-brandweer” sê die geweldige hitte en rook het die brandbestryders se taak baie bemoeilik wat daartoe gelei het dat twee werkers gehospitaliseer moes word..
Rookwolke en vlamme klim die hemelruim is en kenners meen die rookwolke is reeds 2 kilometer hoog in die lug.
Gerugte doen die rondte dat Chinese se lanterns met kersies daarin op die plastiek geval het en die brand veroorsaak het.