Binnelandse Sake het ook diewe


Die Departement van Binnelandse Sake het ook diewe in sy geledere. Twee vermeende verdagtes is deur die Valke in hegtenis geneem vir diefstal
’n Woordvoerder van die Valke sê die twee beamptes was blykbaar deel van die mobiele eenheid wat leerlinge moes help om hulle ID’s te bekom.
Die twee amptenare het blykbaar die R140 wat deur die leerlinge betaal is vir die dokumente, vir hulle self gevat en nie die leerlinge se besonderhede vir die stelsel aangestuur of ingelees nie.
Die Departement het mettertyd klagtes ontvang en die stelsel nagegaan net om te vind dat die aansoekers se inligting ontbreek.

Nóg inhegtenisnemings word verwag, en dit is nie bekend hoeveel leerlinge se geld op die wyse gesteel is nie.