Bierdrinker sterf van bier


‘n Spanjaard, G Joaquim, (42) wat aan ‘n drink-kompetisie deelgeneem het, is later dood as gevolg van die sewe liter bier wat hy gedrink het.
Die reëls van die kompetisie behels dat deelnemers moet wys hoeveel bier hulle binne 20 minute kan drink. Die kompetisie is in ’n dorpie aan die suide van die Murcia gebied in Spanje gehou.
Joaquin het die kompetisie gewen. Kort nadat hy die sewe liter bier gedrink het, het hy begin vermeer en toe flou geword.
Hy is onderweg na ’n nabygeleë hospitaal oorlede.