Beskuldigde weer voor hof.


Mnr. Martin Keevy, een van die vier beskuldigdes wat na bewering beplan het om ANC-leiers tydens die Mangaung-konferensie verlede Desember te vermoor, het Dinsdag weer in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Keevy is sowat twee maande gelede vir dertig dae waarneming na ‘n Vrystaatse sielkundige-kompleks gestuur. Die saak is verlede maand uitgestel omdat sy sielkundige evaluasie nog nie voltooi was nie.

Op 23 Augustus sal hy saam met mede-beskuldigdes Hein Boonzaaier, Johan Prinsloo en Mark Trollip verskyn. Na verwagting sal ‘n verhoordatum in die hooggeregshofvir die vier wat tereg staan op klagtes van hoogverraad en sameswering om terreurdade te pleeg, dan bepaal word.