Ben Schoeman na Cleveland.


Die Suid-Afrikaanse pianis, Ben Schoeman, vertrek binnekort na Amerika waar hy aan die gesogte internasionale klavierkompetisie in Cleveland sal gaan deelneem.

Op ouderdom dertig was Schoeman in 2008 die eerste Suid-Afrikaner wat as wenner aangewys is in die Unisa Internasionale Klavierkompetisie in Pretoria.

Schoeman woon in Londen waar hy hom nou vir die Cleveland-kompetisie vooberei.