Beminde karakters kry nuwe lewe.


‘n Poppemeester, Hansie Visagie, laat beminde TV-karakters uit die eerste jare van die SAUK, opnuut leef.

Karel Kraai, Sarel Seemonster, Haas Das, Bennie Boekwurm, Liewe Heksie en Kwaai Babatjie is volksbesit en dit is belangrik dat hulle nie in die niet verdwyn nie, meen Visagie wat die departementshoof van City Varsity se kunsskool in Kaapstad is.

Visagie, wat by kinderprogramme soos Liewe Heksie, Wielie Walie, Knersus en Oscar en Haas Das in die laat sewentigs betrokke was, het oor ‘n driemaande-periode dié poppe gerestoureer.

Van die poppe was van lateks gemaak wat ongelukkig met die jare verkrummel. Gevolglik moes baie “dele” oorgedoen word.

Volgens Visagie was Blommie Kabouter die moeilikste marionet om te restoureer aangesien hy sy oorspronklike oë en kontroles in sy nuwe kop moes laat pas.

Visagie sê hy is bly dat hy sonder animasieprogramme grootgeword het, aangesien die spoed waarmee alles beweeg, die geweldige aggressie en luidrugtige klankbane nie goed vir enige kind se kognitiewe ontwikkeling is nie.

Ek is baie bly ek het sonder animasieprogramme grootgeword, want die spoed waarmee als beweeg, die geweldige aggressie en luidrugtige klankbane is nie goed vir enige kind se kognitiewe ontwikkeling nie”.