Bankrot lugmag staan stil


Al die Agusta A109-helikopters bly op die grond en word nie gebruik nie omdat die ANC-regering te bankrot is om die vliegtuie in die lug te hou.

Dít bring mee dat die vlieëniers hul vlieg vermoë verswak en dit is ook nadelig vir die helikopters om in onbruik te staan.

’n Totaal van 18 helikopters is nou in onbruik en die vlieëniers word betaal om niks te doen nie.

Dit moet ook saam gesien word met die lugmag se 26 Gripen-vegvliegtuie, wat ook feitlik onbenut op die grond staan.

Al die toerusting is deel van die multi-miljard Rand transaksie wat aan wapens spandeer is wat nou gaan staan “en op roes”.

Gerugte doen die rondte dat die Lugmag dit oorweeg om van die vliegtuie te verkoop aangesien hulle nie geld het om die tuie sinvol te benut nie.

Daar is ook gissings dat die tuie eerder verkoop moet word aangesien die ANC nie daarin slaag om genoeg swartes op te lei as vlieëniers nie.

Die eens wêreldklas Lugmag het nou in chaos verval. Die uiters bekwame tegnici pak hulle goed en lewer hulle dienste aan aan ander lande waar hoë standaarde gevolg word.

Die Lugmag se opskorting van die kontrak met Denel het verder daartoe bygedra dat tegniese personeel oorbodig geraak het in die lugmag.

Militêre kenners het bevestig dat die Lugmag binnekort ’n struktuur sal wees wat hoegenaamd niks beteken nie.

Een kenner het gesê ’n weermag wat nie oor vegvliegtuie en helikopters beskik nie, is van nul en gener waarde vir sy land nie.

Dit is ook bekend dat die vloot in ’n soortgelyke situasie in beweeg. Die vloot word reeds geraak deur die feit dat die lugmag nie patrollie vlugte kan uitvoer nie. Die duur duikbote wat aangekoop is, staan ook die meeste van die tyd stil.