ANC waarsku koning


Die koning moet ophou om president Zuma te beledig soos wat hy die afgelope week gedoen het.
Dit is die waarskuwing wat die ANC-jeugliga in ’n skerp bewoorde verklaring die Abathembu-koning, Buyelekhaya Dalindyebo, gestuur het.

Die koning het by verskeie geleenthede neerhalende slegsê uitsprake gemaak om Jacob Zuma te beledig.

Die jeugliga het in ‘n verklaring gesê dat ernstige gevolge sal opduik indien die koning die president verder beledig.

Bandile Masuku, die ANC-jeugliga se woordvoerder, het gesê hulle wil nie by ’n moddergooiery betrek word nie en die koning se beledigings veroorsaak dat die liga op dieselfde wyse as hy reageer.
Dit is bekend dat die tradisionele koning ’n daggaroker is wat sê hy sal ophou daarmee as die land se president ophou om in korrupsie betrokke te wees.
Foto – Koning Buyelekhaya Dalindyebo