ANC se nuwe plan


Die regering gaan sy “leierskap” toon deur water lekkasies oral in die land te herstel, het Edna Molewa, Minister van Waterwese, glo belowe.

“As alle lekplekke herstel is, sal sowat 40% gesuiwerde water weer gebruik kan word terwyl dit op die oomblik gesuiwer word en terug vloei in riviere en damme.

Oor die talle plattelandse dorpe wat onder ’n chroniese watertekort gebuk gaan, het Molewa gesê die tesourie het geld beskikbaar gestel om water daarheen aan te lê.

Sy het gister op ’n mediakonferensie in Pretoria aangekondig dat die kabinet die departement se tweede nasionale waterbronstrategie pas goedgekeur het.

Trevor Balzer, waarnemende direkteur-
generaal van waterwese, het gesê die vraag en aanbod van water gaan waarskynlik teen 2017 begin gelyk speel, maar teen daardie tyd gaan die geneutraliseerde suur mynwater van die Witwatersrand in die stelsel beland.

“Dit gaan die tekort (wat op 5% gestel word) aanvul totdat die water uit die Polihalidam in Lesotho teen 2020 in die Vaaldam begin invloei.”

Volgens Balzer sal die vraag en die aanbod van water weer in 2030 gelyk speel.