ANC het R11 miljoen skuld


Die ANC is onwillig om enige kommentaar te lewer op gerugte dat die party nou ernstige probleme ondervind om ‘n bepaalde diensverskaffer te betaal.

Die Mail & Guardian het verlede week berig dat die ANC in die “geheim” buite die hof geskik het met ‘n maatskappy wat hy R11 miljoen skuld. Die maatskappy het die party se swierige eeufees verrigtinge verlede jaar gereël.

Die skikking kom daarop neer dat die ANC die volle bedrag binne ‘n jaar aan die
“V.W.V- Group” betaal.

Die ANC moes reeds in April 2013 met betalings begin het, maar blykbaar is daar nog geen betaling gemaak nie. Die verskoning was dat hulle tyd nodig het om die geld bymekaar te maak.

‘n Nuwe reëling en skedule vir betaling is weer opgestel.

Die Skuldeisers, ene “VWV- Group” het in Desember 2012 ‘n likwidasie-aansoek in die Johannesburgse hooggeregshof teen die ANC ingedien nadat die party versuim het om enige betaling te maak.

Waarnemers meen dat die ANC heelwaarskynlik ook ander bedrae verskuldig is aan instansies, maar dat dit redelik dig gehou word.