ANC betaal stiptelik.


Die ANC is ‘n goeie betaler en betaal sy rekening aan die Johannesburgse Stadsraad stiptelik.

So sê ‘n segsman van die Stadsraad, Stanley Maphologela, n.a.v. berigte dat hulle ‘n foutiewe rekening na Luthulihuis gestuur het waarin hulle dreig met optrede indien die rekening van meer as R3,000,000 nie betaal word nie.

‘n Woordvoerder vir die ANC, Keith Koza, het gesê die rekening is foutief en nadat hulle dit onder die stadsowerheid se aandag gebring het, is die saak reggestel.

Die skuld vir die probleem word voor die deur van die rekeningafdeling gelê. Sedert 2011 word hulle oorval deur klagtes van mense wat sê dat die rekenings verkeerd is.

Maphologela het gesê klagtes oor foute in heffings het die stadsraad genoop om ‘n Inkomste Trap Wysigings Program, in te stel om die rekening krisis aan te spreek. Dit was geskeduleer om gedurende Junie 2013 gefinaliseer te wees.

Volgens hom sal “sommige van die voordele van die plan egter langer neem om in werking te kom en dit mag eers na Junie 2013 gebeur. Die voorneme van die projek is om die kliënt se ervaring, waar dit by transaksies met die Stad kom, te verbeter deur rekening korrektheid te verbeter,” het hy gesê.

Hy’t gesê dat hoewel daar nog probleme is, is dit heelwat minder as in die verlede.